Twee leerders van Graaff-Reinet Primêr wat in die Sarah Baartman-atletiekspan opgeneem is het van 5 tot 6 Maart aan die Oos-Kaapse atletiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Martonique Calvert en Emielo Jaftha het na Queenstown gereis waar die byeenkoms gehou is.
Uitslae:
- Emielo Jaftha - 80 m - tweede in die uitdunne en vierde in die finaal.
- Martonique Calvert - hoogspring - tweede in die finaal.