GRAAFF-REINET NUUS - Die Midland Vroue-Landbouvereniging (VLV) het hul 2020-aktiwiteite op 21 Januarie afgeskop met 'n praatjie oor die geskiedenis van Graaff-Reinet se water in die 19de eeu.
Johannes Haarhoff het die praatjie aangebied.
Haaroff het die hele geskiedenis uitgelê van hoe die water eers met kanale aan Graaff-Reinet gebring is voor die Nqwebadam gebou is.
Hy het ook gepraat oor Macky se put wat deur al die jare heen water aan die dorp voorsien en steeds 'n sterk bron van water is.
Die VLV het aan Adendorp Primêr se Graad R en Graad Een-leerders pennesakkies voorsien, terwyl Graad 7-meisies elk drie herbruikbare sanitêre doekies in 'n sakkie ontvang het.
Johannes Haarhof en die VLV dames Hanfi Neuhoff, Marenda Luckhoff, Riana Jonker, Anneke Wieneke, Carla en Hettie Bosch en Juliana Steenkamp.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'