GRAAFF-REINET NUUS - Spandau AET CLC het Valentynsdag op 'n eenvoudige maar luisterryke manier gevier.
Mans en dames moes teen mekaar meeding, deur met iets uniek vorendag te kom oor wat Valentynsdag vir hulle beteken. Die mans het met die louere weggestap!
Mnr Madeley ( vorige sentrumbestuurder), het ook as een van die beoordelaars opgetree.
Elgene Schoeman en Rodney Adams is as beste-geklede paartjie bekroon.
"Die personeel is trots op al die studente," Ilse Swart van Spandau AET CLC gesê.
Die personeel, mooi getooi.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'