GRAAFF-REINET NUUS - Shirley Japhta van Blossomstraat 16, Kroonvale, het onlangs haar LLB-graad met verskeie onderskeidings aan UNISA voltooi.
Dié prestasie het sy aan haar seun Josua opgedra. Josua is in 2005 op die Autistiese-spektrum gebore, en woon tans die Infinity Centre vir leerders met spesiale onderwys-behoeftes in Port Elizabeth by.
Japhta se gradeplegtigheid in Oos Londen was ’n familiebyeenkoms. Haar en eggenoot Daantjie se oudste dogter Shirledene, ’n staatsaanlaer, het haar ma geloof vir die nuwe graad en bedank vir die voorbeeld wat sy vir haar kinders stel.
Pastoor dr Edward de Hahn het die Japhta-egpaar ook bedank vir die rol wat hulle in vele jong Graaff-Reinetters se lewens, sowel as sy eie, gespeel het.
“Almal wat nog studeer moet alles insit om hul drome na te jaag, veral ons plaaslike jeug” het Japhta gedeel. “Dit is beslis die moeite werd.”
Shirledene het haar ma opnuur uitgedaag om nou saam ’n meester’s graad in die regte aan te pak, maar Japhta spot dat haar oë en ouderdom nou in ag geneem moet word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'