Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - As deel van sy landwye boelie bestand veldtog maak motiverende spreker Erich Posthumus vandeesweek 'n draai in Graaff-Reinet.
Erich, sy vrou Lizette, hul seun Bernard en dogter Zoey vorm deel van die Goeie Nuus Fabriek, wat mik om jaarliks 50 000 kinders 'n jaar met hul boodskap te bereik.
Die gesin is van Pretoria.
Hierdie week sal hulle Kroonvale Laerskool, Spandauskool, Lingcom, Ryneveld, Union, Volskool, Narsingstraat Primêr, Graaff-Reinet Primêr, Asherville Hoër, Nqweba Hoër, Thembalesizwe Primêr, Isibane Primêr en Adendorp Primêr besoek.
Kyk 'n video hieronder.
"Ons wil beide die kinders en die onderwysers leer van 'n omgewing vir tweede kanse, veiligheid en genade," het Poshumus aan die Advertiser gesê.
Omkring die kalender:
Om hul toer af te sluit sal die Goeie Nuus Fabriek Vrydag, 19 Julie, 'n God Laat Ons Wen (GLOW)-konsert by Botanies om 7nm aanbied.
Dié vertoning vir die hele gesin beloof om iets te wees wat gesinne nie wil misloop nie.
Kaartjies is beskikbaar by klein besighede in die dorp, of sal vanaf 6nm op Vrydag by Botanies te koop wees. Daar is plek vir 1 000 mense, en helfte van die kaartjies is reeds uitverkoop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet nuus'