GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet-skolier Zenobia Homveld het tydens die onlangse WOW Spelfees Kring en Distriks-kompetisie goud verwerf.
Sy dring nou deur na 'n volgende rondte van dié kompetisie, wat 24 Augustus in Port-Elizabeth plaasvind.
Ouma Gerty en oupa Eddie Schadle is veral trots op dié flink speller. "Harde werk word beloon," het hulle aan die Advertiser gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'