GRAAFF-REINET SWEM NUUS - Zenicke van Schalkwyk (9), 'n gr. 4 leerder van Laer Volkskool, het op 6 en 7 Maart uitstekend presteer tydens 'n swemgala op Oudtshoorn.
Sy het geswem in die o. 10 groep en haar uitslae is as volg:
- Goud - 100m rugslag;
- Goud - 50m rugslag;
- Silwer - 200m wisselslag; en
- Brons - 100m vryslag.
Geluk Zenicke! Jy maak Graaff-Reinet en Laer Volkskool baie trots.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'