SPORTNUUS - Zenicke van Schalkwyk het in vier items onder die toptien van Suid-Afrika se swemmers in die o. 11-ouderdomsgroep gekwalifiseer.
Sy het sesde in die land met 200 m rugslag en sewende in die 200 m wisselslag gekom. Zencke het ook in die 50 m- en 100 m-rugslag albei 'n negende plek op die SA ranglys behaal.
Die SA ranglys vir swem word aan die einde van elke seisoen saamgestel en is onlangs vrygestel.
Alle geregistreerde swemmers se tye tydens verskeie galabyeenkomste word in ag geneem en die beste tye van die 2022/2023-seisoen verskyn op hierdie ranglys volgens ouderdomme.
Alhoewel Zenicke se beste prestasies in rugslag is, is dit ook goed om in die wisselslag te presteer, aangesien dit getuig dat sy in al die swemslae bedrewe is.
Die wisselslagitem is 'n item waar vlinder-, rug-, bors- en vryslag direk na mekaar geswem word.
Zenicke is ook verlede jaar as SA kampioen in die 200 m-rugslag vir dogters o. 10 aangewys. Hierdie atleet verteenwoordig ook haar skool, Laer Volkskool, in netbal, hokkie, tennis en landsdiens.
Zenicke van Schalkwyk is ook 'n goeie hokkiespeler.
Foto: JH Swiegers
In Laer Volkskool word leerders aan alles sportsoorte blootgestel. Hier is Zenicke reg om die bal te vang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’