SPORTNUUS - Zenicke van Schalkwyk het op 21 Oktober by 'n A-liga galabyeenkoms in Gqeberha daarin geslaag om te kwalifiseer vir die Suid-Afrika nasionale juniors-gala (SANJ).
Sy sal in Maart aan die 400 m-vryslag in die o.12-groep meeding.
Tydens die gala het sy vyf eerste plekke asook drie tweede plekke behaal.
Sy is sover bekend die jongste swemmer in Graaff-Reinet wat hiervoor kwalifiseer.
Haar afrigter, JP Seyffert, sê dat hy baie trots is op haar en glo dat sy uitstekend gaan vaar tydens die SANJ.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’