KAROO NUUS - Roelie en Chris Engelbrecht van Bathurst het die afgelope naweek, 28 Oktober tot 29 Oktober, 'n bietjie in Nieu-Bethesda gaan kuier en groot was hul verbasing toe hulle Sondagoggend terugreis, en die voertuig se temperatuurmeter die naald tot 'n ysige 3°C laat daal.
Hulle vertel dat 'n wit laag sneeu oor die Nardousberg buite Nieu Bethesda gelê het.
Daar was ook sneeu by die Pearston-afrit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’