Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se koshuis, Huis Eybers, se komitee het onlangs onder leiding van Tinkie Naudé, 'n wynveiling en dinee aangebied om fondse te in.
Die funksie het in die pragtige onthaalsaal van die Profcon-oord in Graaff-Reinet plaasgevind.
Die wyn, deur die boetiekwynmakery Giant Periwinkle, is verskaf deur Pierre Rabie.
Pierre, eintlik ‘n advokaat by die Kaapse balie, is ‘n ‘garagiste’ in sy vrye tyd. (Garagiste is mense wat sommer so amper in die verbygaan wynmaak, maar tog met 'n dodelike erns om gehaltewyne op die mark te plaas.)
Pierre was dan ook teenwoordig tydens die wynveiling om ‘n wynproe vir die gaste aan te bied.
Die aand het groot steun geniet en bedank die organiseerders almal wat bygedra het tot die sukses daarvan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'