KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
suffrajet (suf-fra-jet) s.nw., suffrajets of suffrajette. (histories) Ook, n.d. Eng., suffragette.
Lid van militante vrouebeweging wat in die vroeë 20ste eeu in Brittanje vir stemreg vir vroue gestry het; sin. stemjuffer (histories; neerhalend): Die suffrajets het op 'n hongerstaking gegaan om protes aan te teken teen die feit dat vroue nie stemreg gehad het nie. ≈ Die era kom vinnig nader waarin jong vroue maniere … gaan vind om hulself te bevry. Dít is die storie van die suffrajette in Brittanje (Die Burger, 2 Des. 2014, 12).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'