KAROO NUUS - Rompslomp s.nw. Omslagtige, vermoeiende prosedure of werk wat deur ’n vervelende roetine gekenmerk word en met oordrewe amptelike formaliteite of die noulettende navolging van reëls en regulasies gepaardgaan: Frustrerende, geweldige, onnodige, oormatige, tydrowende, vertragende rompslomp.
≈ Ons bied jou ... ’n ten volle gerekenariseerde stelsel wat prosedures kortknip en rompslomp vasvat (Finansies & Tegniek, 18 Mrt. 1988, 62).
Australië sal amptelike rompslomp in groot mate uitskakel en formaliteite vergemaklik vir die ... deelnemers ... wat die Olimpiese Spele sal bywoon (Die Burger, 31 Aug. 1956, 6).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'