Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Op 22 Junie van vroegdag al, het elke Hoër Volkskool-matrikulant begin om hulleself op te tof vir dié groot geleentheid – VHS matriekafskeid 2023.
Leerders het om 16:30 op die B-rugbyveld bymekaargekom om van daar af te ry om hulle buiging op die rooitapyt voor die skool te maak.
Sowat 300 toeskouers het die leerders ingewag om te sien hoe hulle op dié spesiale aand lyk.
FOTOGALERY: Winterwoudaand vir HVS-matriekulante
Met blink gepoetste voertuie is hulle van die skool na Drostdy Hotel waar hulle deur 'n winterwoud gestap het en deur gr. 11-dogters verwelkom is.
Die hoofleiers het die kans gekry om 'n boodskap van bemoediging met hulle mede-matrieks te deel. Die sanger, Demo, het gesorg vir vermaak terwyl DJ Jacques Arendt musiek gemaak het. Almal was dit eens dat die kos heerlik was. Die dansbaan is later geopen en die jonges het lekker gedans om sodoende die koue te verdryf.
Jaco Prinsloo en Helé de Klerk
Nizigqibo Mvana
Jordan Hall en Eline Van Rensberg. Foto’s: Neco Bokwe
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’