KAROO SPORTNUUS - Die Merino-posduifklub het hul duiwe 438 kilometer vêr in baie winderige toestande op Saterdagoggend, 8 Julie, in Touwsrivier losgelaat.
Na byna 13 uur in die lug het G en J Heunis se duiwe ingeklok. Hokke A het die vinnigste tyd in die ope-afdeling behaal.
Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- G en J Heunis-hokke A - 1 en 5
- Lategan-hokke A - 2 en 10
- Karoo-hokke - 3 en 8
- Lategan-hokke B - 4
- Jannie Ferndale - 6
- E Makelima - 7
- Afrikaner-hokke - 9
Jaaroud-afdeling:
- Karoo-hokke - 1
- Lategan-hokke B - 2
- Lategan-hokke C - 3
- Lategan-hokke A - 4, 7 en 8
- G en J Heunis-hokke A - 5
- G & J Heunis-hokke B - 6
- Afrikaner-hokke - 9 en 10
Juniors-afdeling:
- Ian Maré - 1, 4 en 6
- Carla Maré - 2 en 3
- Minnie-hokke - 5
- Sarah Hampton - 7, 8, 9 en 10
As daar gekyk word na die verskillende tye, is distansie gevlieg ook 'n bepalende faktor Die duif met die vinnigste meter/minuut tyd word altyd as die wenner aangewys.
Juniors-afdeling:
- Ian Maré - 1, 3 en 10
- Carla Maré - 2 en 4
- Sarah Hampton - 5 en 7
- Minnie-hokke - 6, 8 en 9
Die volgende wedvlug van die seisoen vind op Saterdagoggend, 15 Julie, vanaf Worcester, plaas.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’