KAROO NUUS - Stormsterk wind het op 23 Desember talle bome by Marlow Hoër Landbouskool ontwortel.
Die skade is duidelik sigbaar vanaf Hofmeyr na Cradock.
Kragpale en Telkompale het omgewaai. In Hofmeyr- en distrik is kragonderbrekings aangemeld.
Op die plaas Rus-'n-bietjie, van Roelf Steyn, het 'n boom omgeval en sy agterstoep se dak erg beskadig.
Takke is van bome afgeskeur.
Kragpale kon nie staande bly in die stormsterkte wind nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’