GRAAFF-REINET NUUS - Tientalle munisipale werkers het vanoggend (Woensdag, 24 Februarie) voor die Dr Beyers Naude munisipale kantore in Graaff-Reinet vergader terwyl vakbondleiers van SAMWU (South African Municipal Workers Union) en IMATU (Independent Municipal Trade Union) met die munisipale bestuurder, Dr Edward Rankwana, vergader het.
Munisipale werkers staak omdat hulle geen antwoorde ontvang het oor hul pensioenfonds-dilemma nie.
Dit volg nadat dit laat verlede jaar (Desember 2020) aan die lig gekom het dat die munisipaliteit sedert September 2019, ongeag aftrekkings van bykans R25 miljoen, geen oorbetaling aan die werkers se pensioenfonds gemaak het nie.
Lees meer in die Advertiser môre.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'