GRAAFF-REINET NUUS - Ter viering van Nasionale Braaidag wat op 24 September gehou is, het die Engen Riverside Convenience Centre in Graaff-Reinet ‘n kompetisie geloods, waar ‘n Weber-braai op die spel was.
Aankope van enige iets ter waarde van R50 en meer, het kliënte laat kwalifiseer vir dié gelukkige trekking.
Kay-Lynne Kayster is op 4 Oktober, tydens die gelukkige trekking, as die wenner daarvan aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'