JANSENVILLE NUUS - Huis Welverdiend in Jansenville glo daaraan om liefde en dankbaarheid op 'n tasbare manier te wys.
Twee bussies vol inwoners en personeel het onlangs na Kwaza-kliniek gegaan om die personeel te bedank vir hulle onbaatsugtige diens.
Die inwoners het saam met die pasiënte gedans, peuselhappies geniet en weer benadruk hoe die liefde die hele lewe vir almal makliker maak.
Die inwoners het ook op 14 Februarie, die dag van liefde, hul beheerraad uitgenooi om saam met hulle koek en tee te geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’