CRADOCK NUUS - Wayne de Beer, Cradock se eie krokodil-, likkewaan-, en slangvanger moes weer Saterdagoggend blitsvinnig reageer toe 'n plaaslike haarkapster laat weet het dat daar 'n glibberige gedierte op haar haarsalon se stoep kuier.
Wayne was gewillig om te gaan help, en Daan Likkewaan is vinnig gevang, waarna De Beer dit weer in die natuur vrygelaat het.
Wayne en sy seun, Dwayne, het die afgelope seisoen al verskeie kapelle, kobras, boomslange, 'n pofadder, verskeie huisslangetjies en drie likkewane gevang, almal is weer in die natuur vrygelaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’