Video
KAROO SPORTNUUS EN VIDEO - Wat 'n gesig is dit nie om te aanskou wanneer tot soveel as 1 020 posduiwe meteens losgelaat word om hulle pad huis toe te vind nie. Dit is die tipiese gesig wat lede van 'n posduifklub opgewonde laat.
Die Karoo Wedvlugunie wat uit klubs van sewe dorpe in die omgewing bestaan - Aberdeen, Cradock, Graaff-Reinet, Golden Valley, Jansenville, Pearston en Somerset-Oos - se wedvlugseisoen het op Saterdag 17 Junie geopen.
Mercutio Coetzee van Aberdeen-posduifklub sê dat die duiwe heel goed gevaar het in die eerste twee wedvlugte terug van Beaufort-Wes af.
In die jaar-oud-afdeling het Enzo Meyer se duif eerste in Aberdeen met 'n tyd van 09:24:03 oor 'n afstand van 137,475 km geland, terwyl Leonard Beyers se duif tweede plek behaal het in 09:29:37 met 'n afstand van 137,445 km.
In die ope-afdeling, het die duif van Antonio Muller in 09:20:03 oor 'n afstand van 137,899 km vir hom 'n eerste plek losgevlieg, terwyl Aubrey Rafferty se duif ná 09:19:48 met 'n afstand van 137,294 km tweede gekom het.
Op Saterdag 24 Junie het die 1 020 duiwe vanuit die hele Unie gekompeteer waar hulle in Leeu-Gamka losgelaat is.
Daar was weer twee kategorieë - uit Aberdeen het 45 duiwe van nege lede in die jaar oud-afdeling deelgeneem. Rudine Afrika se duif het vir hom die eerste plek huis toe gebring in 'n tyd van 10:03:27 met 'n afstand van 198,245 km. Enzo Meyer se duif het tweede tuis geland in 'n tyd van 10:05:26 met 'n afstand van 198,871 km.
In die ope-afdeling het nege lede van Aberdeen met 'n totaal van 55 duiwe deelgeneem. In hierdie afdeling het Benito Job se duif eerste geland in 'n tyd van 10:09:17 met 'n afstand van 198,450 km. Enzo Meyer se duif het tweede plek behaal met 'n tyd van 10:09:26 en afstand: 198.871km
Die volgende twee wedvlugte is geskeduleer vir 2 Julie weer vanaf Beaufort-Wes en die week daarná op 9 Julie, weer vanaf Leeu-Gamka, terug na hul tuisdorp te vlieg.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’