GRAAFF-REINET NUUS – Twee foto’s, van metaal krieketpaaltjies en ‘n kolf, is onlangs aan die Advertiser deur ‘n leser gestuur.
Die leser wil graag meer omtrent dit weet.
Die kolf en paaltjies is ongeveer 20km buite Graaff-Reinet langs die N9 na Middelburg opgerig.
Dit blyk dat dit ter nagedagtenis aan iemand wat gesterf het in ‘n padongeluk opgerig is, maar die metaalplaatjie wat daarby is, is egter al so verweer dat die boodskap daarop nie meer leesbaar is nie.
Weet enige iemand dalk die storie agter die huldeblyk?
Stuur ‘n e-pos aan mariette@groupeditors.co.za.
Die skrif op die metaalplaatjie is nie meer leesbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'