GRAAFF-REINET NUUS - Die tyd vir die Karoo-lus Fees het uiteindelik aangebreek. 'n Vol program wag op feesgangers in Graaff-Reinet dié Vrydag en Saterdag, 28 en 29 September.
Die koste van Vrydag en Saterdag se toegangskaartjies per dag beloop R80 per volwassene, R60 vir pensionarisse en kinders onder 12. Kinders onder drie kan gratis ingaan. Naweek kaartjies vir volwassenes beloop R150 en vir kinders onder 12 en pensionarisse R110 elk.
Die fees word soos oudergewoonte by die Botaniese Sportgronde op die hoek van Park- en Stockenstroomstraat gehou. Parkering is beskikbaar, op eie risiko, in die strate rondom die feesterrein. Bring jou eie kamp stoel.
Geen sambrele of gazebo's word in die feesterrein toegelaat nie.
Inwoners van Graaff-Reinet en omgewing word genooi om dit 'n onvergeetlike naweek te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'