HOFMEYR NUUS - Die afgelope Sondag, 26 Maart, was 'n hoogtepunt op die kalender vir NGK Hofmeyr-gemeente.
Vyf dooplidmate is deur ds. Marius Barnard gedoop, sy laaste doopplegtigheid in Hofmeyr. Hy het ook sy afskeidspreek Sondag vir die Steynsburg-gemeente gehou en sal sy laaste preek in Hofmeyr afsteek op 2 April saam met die gemeente se Passie vir Christusfees.
Daar word nie elke maand by die Hofmeyr-gemeente gedoop nie omdat die aanwas te klein is - daarom was dit besonders dat vier babas en een kleuter op een dag gedoop is.
Twee kleindogters van Willem en Alta Herselman is gedoop, asook kinders wat deur die ACVV in die sorg van Hofmeyr Hugs of Hope se Huis Alida geplaas is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’