KAROO NUUS - Inwoners van die informele nedersetting, Vrygronde in Graaff-Reinet, blokkeer tans die N9 na Middelburg.
Dit volg na hulle verlede jaar 'n memorandum met diensleweringsgriewe aan die Dr Beyers Naude Munisipaliteit oorhandig het, maar nog geen antwoorde gekry het nie.
Die ontstoke inwoners het die munisipaliteit verlede jaar in die memorandum en tydens 'n vergadering gewaarsku dat hulle die pad gaan blokkeer as hulle nie antwoorde kry nie.
Die pad wat toe is veroorsaak 'n geweldige verkeersopeenhoping.
Motoriste kan 'n ompad deur die Camdeboo Nasionale Park op 'n grondpad ry om op die Murraysburg-pad uit te kom. Geen toegangsfooie word gevra vir deurritte nie. Volg die wit paadjie op die kaart hieronder.
Nog foto's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'