CRADOCK NUUS - Die sirkelbestuur van die Vroue-landbouvereniging (VLV) Sirkel Cradock het hul openingsvergadering by The Shed in Cradock gehou.
By die geleentheid is hul jaarbeplanning, konferensie-uiteensetting, kongresinligting en algemene VLV-aangeleenthede deurgewerk.
Verteenwoordigers vanuit al vyf die takke in die sirkel was teenwoordig.
Die sirkelpresident, Isabel Wilken, sê hoewel die VLV se werksaamhede baie afgeskaal was deur die onsekere inperkings begin hulle die jaar met baie nuwe idees en kreatiewe voorstelle.
Sirkel Cradock het 83 aktiewe skeppende lede.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'