GRAAFF-REINET NUUS - Drie van Laer Volkskool se leerlinge het onlangs as lede van die Oostelike Provinsie aan ‘n interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn deelgeneem en uitstekend gevaar.
JJ van Schalkwyk was die algehele wenner in die o. 8-afdeling waarvoor hy 'n goue medalje ingepalm het.
Carlien Oosthuizen was 13de in haar ouderdomsgroep (o.15) terwyl Ancois Viljoen 28ste klaargemaak het in die afdeling vir dogters o.13.
JJ van Schalkwyk was die algehele wenner in die o. 8-afdeling waarvoor hy 'n goue medalje ingepalm het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'