Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Volkskool, wat in 2022 sy 100ste bestaansjaar vier, het sy eeufeesviering verlede Woensdagaand met 'n feestelike kaas- en wyngeselligheid by Profcon afgeskop.
Sowat 120 gaste het die geselligheid, wat in samewerking met die eeufeeskomitee van albei skole gereël is, bygewoon. Tydens dié geleentheid is die 100 jaar-logo ook bekendgestel.
Deon Joubert, skoolhoof van Laer Volkskool, het die gaste verwelkom waarna die gaste die heerlike kos en wyn kon geniet.
Daar word verskeie geleenthede beplan om 2022 vir skoliere, ondersteuners en oudskoliere onvergeetlik te maak.
Vreugde is goeie geselskap en heerlike wyn. Daarvan was daar baie by die kaas-en wyngeselligheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'