GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Laer Volkskool se groot liefde vir diere was duidelik sigbaar nadat 'n insamelingsprojek ten bate van die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) talle verwagtinge oorskry het.
Gr. 6-leerders het die DBV verlede Woensdag besoek om die ingesamelde dierekos te oorhandig en terselfdertyd ook die diere daar in aanhouding te besoek. Dit was beslis nie net die diere se ogies wat van opgewondenheid geskitter het nie, maar ook die leerders s'n.
Die volgende donasies dierekos is ontvang: 61 groot blikkies natkos, 25 klein blikkies natkos, 48 (2 kg), 8 (5 kg), 1 (10 kg) en 2 (20 kg) sakke hondekos, 11 pakkies natkos, 14 pakke hondekoekies en beddegoed (komberse en kussings).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'