KAROO NEWS - Vir die eerste keer in jare meet Hoër Volkskool en Hoër Landbouskool Marlow kragte teen mekaar op die Willie Meyer Veld in Cradock om 16:00 vandag.
Die gees loop hoog by beide skole en het talle bussies spelers en ondersteuners van Graaff-Reinet vervoer om die epiese geleentheid by te woon.
Die o. 15 A, o. 16 A, tweede en eerste rugbyspanne wys vanmiddag waar Dawid die wortel begrawe het.
Hier is ‘n skakel waar die eerste span wedstryd lewendig gestroom word:
https://live.supersportschools.com/events/646cfd7b83e433f01f264eca
Ons wens beide spanne alles van die beste toe!
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’