GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool het onlangs dié skool se twee-jaarlikse Oscar-aand aangebied.
Dié aand - waar leerlinge pryse wen vir, onder andere, die meisie met die mooiste bene, die trouman in die skool en ook glanspaartjies wat verseker gaan trou - word met ywer na uitgesien elke keer wanneer dit aangebied word.
Die hoogtepunt van die aand is wanneer die onderwysers hul verskyning op die verhoog maak met toekennings soos 'Die Stylvolste Juffrou' en die 'Sportman van die Jaar'.
Die saal het asemrowend gelyk en die atmosfeer was elektries met die aankondiging van elke prys.
Cara Leonard en Linda Lötter oorhandig die prys vir die mooiste meisie in Graad 8 aan Elize de Jager.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'