GRAAFF-REINET NUUS – Hoër Volkskool het onlangs die top 10 akademiese presteerders in elke graad na aanleiding van hul punte van die eerste kwartaal van 2018 aangewys.
Na afloop van dié kwartaal se toetsreeks, is die volgende leerlinge aangewys as die nommer 1 in hul graad vir akademie: Annika Fitzgerald (Graad 9), Chloe Stannard (Graad 8), Pierre van der Merwe (Graad 11), Juryna Fourie (Graad 10) en Engeri Fourie (Graad 12).
Die skool wens hul graag geluk hiermee en wens hul sterkte toe vir die res van die skooljaar. “Hou só aan,” moedig skoolhoof Hennie van Rooyen aan.
Annika Fitzgerald (Graad 9), Chloe Stannard (Graad 8), Pierre van der Merwe (Graad 11), Juryna Fourie (Graad 10) en Engeri Fourie (Graad 12).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'