Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - ’n Paar klein verpleegsters, ingenieurs, wetenskaplikes en polisiemanne en -vroue het verlede week by Laer Volkskool in Graaff-Reinet opgedaag, waar beroepsdag op 10 en 11 Novembers gehou is.
Volgens Mari Swiegers was die leerders baie kreatief, en ’n groot verskeidenheid beroepe was teenwoordig.
“Daar was ook fisioterapeute, onderwysers, dokters, motorwerktuigkundiges en vele meer,” het Swiegers gesê.
Die skool het al die leerders bedank vir hul kreatiwiteit en dat hulle deelgeneem het.
Fotogalery: Volksies droom oor beroepe
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'