KAROO SPORTNUUS - Hoër- en Laer Volkskool het Saterdag 12 Augustus in Uitenhage aan hul laaste boogskietwedstryde vir die jaar teen ander skole en klubs in die Oos-Kaap, deelgeneem.
Meer as 80 skuts het op die veld van Daniël Pienaar meegeding in die Oos-Kaapse kampioenskappe vir 'n plek in die Oos-Kaapse span.
Daar is in die Bulls-Eye-afdeling en tweedimensionele teikenskietafdeling gekompeteer. Dit was nogal 'n nuutjie om van drie- na tweedimensioneel te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle nie sommer van stryk gebring word deur verandering nie.
Uitslae
Tweedimensioneel Laerskole:
- Dogters - Layla de Beer - bronsmedalje
- Seuns - Eben Lötter -bronsmedalje
Afrika Genesis Boogskiet:
- Carol Cronjé - goue medalje, beste skut en Oos-Kaap-kampioen
Bulls-Eye:
- Laerskole meisies - Helen Grobbelaar - bronsmedalje
- Laerskole seuns - Conrad Kleyn - bronsmedalje
- Eben Lötter - goue medalje en Oos-Kaap-kampioen
Oos-Kaapse span:
Om vir die Oos-Kaapse boogskietspan te kon kwalifiseer en OP-kleure te verwerf, moes skuts aan minstens vier kompetisies gedurende die jaar, sowel as die Oos-Kaapse kampioenskappe deelgeneem het.
Die beste vier tellings wat gedurende die jaar geskiet is, sowel as dié van die Oos-Kaapse kampioenskappe, is gebruik om te bepaal wie opgeneem sou word in die Oos-Kaapse span wat gedurende die komende vakansie in Gauteng aan die nasionale kompetisie sal deelneem.
Oos-Kaapse junior span is as volg:
- Conrad Kleyn
- Eben Lötter
- Helen Grobbelaar
Oos-Kaap-senior A-span:
- Freddie van der Mescht
- Mikha Enslin
- Lehan de Beer
- John Read
Oos-Kaap Senior B-span:
- Adriaan Blignaut
- Mathys Oberholzer
Oos-Kaap Afrika Genesis Boogskiet span:
- Carol Cronjé, Riaan Enslin
John Read, Lehan de Beer, Freddie van der Mescht en Mikha Enslin is almal in die OP se A-span opgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’