GRAAFF-REINET NUUS - Zenobia Homveld, ’n Gr. 5 leerder aan Laer Volkskool, het Graaff-Reinet se naam onlangs hooggehou op ’n nasionale vlak.
Dié flink speller het Saterdag, 19 Oktober, tot in die finaal van die WOW-Spelfees se nasionale kompetisie in Stellenbosch gevorder.
“Dit is 'n groot prestasie om so ver in die kompetisie te kom en ons is geweldig trots op haar,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'