CRADOCK NUUS - Ses-en-dertig vroue van die Vroue-landbouvereniging se Cradock-sirkel is vandag by die Victory-kerkkompleks in Somerset-Oos byeen vir die 88ste konferensie van die sirkel.
Sirkelpresident Isabel Wilken het vanoggend haar presidentsrede gelewer, waarin die jaartema "Die uitdaging van verandering" belig is.
As gevolg van slegte beligting te wyte aan 'n 12-uur-lange kragonderbreking in Somerset-Oos, is die konferensie geskuif na die sentrum se koffiehuis.
Afgevaardigdes is van Hofmeyr, Kookhuis (Cookhouse), Somerset-Oos, Tarkastad en Cradock.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'