ABERDEEN NUUS — Tydens die Aberdeen VLV-tak se April-byeenkoms, het Estelle van Wyk, ook 'n plaaslike VLV-lid, die lede meegedeel oor haar ervarings van die Midde-Oosterse kultuur - sy en haar man, Dick, het nege jaar in die Midde-Ooste gewoon en gewerk.
Van Wyk het die lokaal in 'n tipiese sitkamer met dekor, mat en sitbank, omskep.
Sy het haarself ook geklee in die tradisionele drag en het elkeen verwelkom asof die vergadering by haar aan huis was.
Die VLV-lede is toe geleer oor die manier van groet en is bedien met tradisionele koffie en dadels.
Daarna het almal se monde letterlik oopgehang soos Estelle vertel het van die gewoontes, gebruike, higïene en veral hoe vroue hanteer word en hoe hulle leef.
Die praatjie is afgesluit met die eet van tradisionele geregte wat self deur Van Wyk en haar man voorberei is.
Die gelukkige trekking van die dag is gewen deur Carina Esterhuizen en die leersame oggend word afgesluit met smaaklike verversings verskaf deur Carina Esterhuizen en Luise de Jager.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'