ABERDEEN NUUS - Op Donderdag 24 November het die VLV Aberdeen-tak hul jaarlikse afsluiting gehou. 18 vroue het die geleentheid, in die lushof-tuin van Luise de Jager, bygewoon.
Te ete en drinke was volop en smaaklik. Archie Norval van Aberdeen het gesorg vir die kulinêre fees.
De Jager het haar kennis van die Karob/Johannes-broodboom, waarvan sy al heelwat aangeplant het in die afgelope byna 20 jaar, gedeel. Annalie Lategan het kreatiewe idees oor die maak en versier van kersbome gedeel.
Wat is die VLV
Die VLV is 'n organisasie wat gerig is op die volrondheid van vrouwees – van persoonlike ontwikkeling tot by gemeenskapsdiensbaarheid. Lea van der Vyver, voorsitter van die Aberdeen-tak, verduidelik dít is juis waarom daar ses interessante studierigtings in die VLV is waaraan jaarliks (deur maandelikse byeenkomste) aandag gegee word. "Ons jaarprogram word beplan om al die studierigtings te dek: landbou en tuinbou, leefstyl, kunste en vlyt, gesondheid, openbare sake en opvoeding en kultuur."
Van der Vyfer sê verder: "Die VLV gee vroue die geleentheid om deel te word van 'n diverse groep vroue wat saamstaan, mekaar ondersteun, nuwe dinge leer, iets vir die gemeenskap doen en hulle talente ontwikkel en uitleef."
Ten einde vir ander om te gee en 'n konstruktiewe bydrae in die gemeenskap te maak, is persoonlike sorg, ontwikkeling en groei noodsaaklik. Die VLV bied vir vroue presies daardie geleentheid en ruimte.
Propvol jaar
Uit hul propvol jaarprogram is daar geen twyfel nie dat Aberdeen-tak se vroue die meeste maak van elke geleentheid.
Vanjaar se hoogtepunte sluit in hul noue betrokkenheid by die plaaslike ouetehuis, Huis Aalwynhof. Vanjaar is die Aalwynhof-verjaarsdagprojek ingestel – elke inwoner van Aalwynhof het met hulle verjaarsdag 'n geskenk van 'n VLV-lid ontvang. Lede het ook gloeilampe met batterye aan die ouetehuis geskenk om beurtkrag te help oorbrug. In die dorp het die lede.
Lea van der Vyver by die Vrouedag aangebied in Mei.
R1 000 geskenk aan Aberdeen-klub vir hul omheiningsprojek. Nog 'n hoogtepunt is die handsak-projek. Dit behels handsakke wat gepak word met persoonlike toiletware vir die Siya Phambili Skuiling vir mishandelde vroue in Graaff-Reinet.
Maandelikse vergaderings het vanjaar 'n wye spektrum van onderwerpe gedek – van 'n skaapskeer- en wolklas-demonstrasie tot 'n besoek aan museums in Graaff-Reinet; van hoe om met leer te werk en self 'n kaartjiehouer te maak tot by die besoek aan 'n geskiedkundige boom op 'n plaas in die omgewing waar 'n jong boerekryger in 1901 onregmatig deur die Engelse tereggestel is; en nog vele meer.
Van der Vyver vertel dat, ten spyte daarvan dat Julie op die jaarprogram eintlik 'n vakansiemaand is, was die Aberdeen-lede so entoesiasties oor hul omgewing dat daar 'n ekstra uitstappie na die aalwynskouspel op die plaas Allemanskraal van lid Elsa Featherstone, ingepas is.
Uit 'n propvol jaar vir die VLV Aberdeen-tak, is die algehele hoogtepunt egter die intertak vrouedag gehou in Mei wat deur 115 vroue van omliggende dorpe tot so ver as Gqeberha (PE), bygewoon is.
Lede ontspan heerlik in die koelte in die tuin van Luise de Jager. Foto's : Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'