ABERDEEN NUUS - Suzanne Lategan, sameroeper van openbare sake, het vir die Mei-vergadering van die VLV Aberdeen-tak lede na die Aberdeen-biblioteek geneem.
Die dames het by Lizzy van der Merwe se nuwe koffiewinkel in die dorp, Café Karoo, vergader en ook ’n nuwe lid, Engela James, verwelkom.
Die dames het daarna die biblioteek besoek, waar hulle op 'n toer deur die biblioteekassistent, Jennifer Nonnies, geneem is.
Die fasiliteit word persoonlik deur Nonnies behartig, ingesluit die opruim- en skoonmaaktake - almal het saamgestem, die biblioteek is pragtig, netjies, georden en uiters funksioneel.
Ná die besoek aan die biblioteek het die dames teruggekeer na Café Karoo waar die innerlike versterk is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’