GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Hoër Volkskool het 'n landsdienskamp vanaf 27 Junie tot 1 Julie bygewoon.
Dit was 'n streekkamp waarvoor die landsdieners moes kwalifiseer om by te woon.
Hulle het aan baie aktiwiteite deelgeneem soos modderbane, hindernisbane en 'n nagmars en geleer om papier te maak en elkeen het 'n leerbelt gemaak.
Vier leerders is by hierdie kamp gekies vir deelname aan die nasionale kamp wat in Desember in Kaapstad aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'