HOFMEYR NUUS - Willoughby Lord, welbekende veteraanboer van die Hofmeyr-distrik, het die afgelope week sy 96ste verjaarsdag gevier.
Willoughby het voorheen in die distrik geboer en gaan nou tuis in die Erica-sentrum in Cradock. Hy en sy eggenoot, wyle Shirley Lord, het vyf kinders grootgemaak.
Hul vier seuns boer in die Hofmeyr-distrik en hul dogter Elizabeth de la Bat, is getroud en woon in George.
Sy verjaarsdag is by sy kinders Robert en Jean Lord op hul plaas gevier, en al sy kinders en hul eggenote, asook baie van sy kleinkinders en agterkleinkinders kon die geleentheid bywoon.
Willoughby was lewenslank topfiks en het die grootste deel van die distrik te voet verken. Sy kinders het bewaringsboerdery by hom geleer. Hy het ook internasionaal aan veteranetennis deelgeneem. As aktiewe lid van die plaaslike landbouvereniging het hy wyd ingeskakel.
Hy skryf sy hoë ouderdom toe aan die feit dat hy soveel respek deur die jare vir die natuur gekoester het.
Willoughby Lord was bevoorreg om op sy 96ste verjaarsdag ook sy 13de agterkleinkind, Liam Pienaar, te ontmoet.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'