GRAAFF-REINET NUUS — Plaaslike berader Tanya Vosloo en haar eggenoot Hugo, reël 'n huweliksverrykingskursus wat by die AGS-kerk in Cloetestraat, Graaff-Reinet, aangebied gaan word.
Die kursus, wat op Saterdag, 5 Mei, afskop, sal vir vier Saterdae lank aangebied word.
Deelname aan die kursus is gratis met slegs 'n donasie wat vir verversings vriendelik versoek word.
Die kursus begin om 10:00 en sal duur tot 11:30 die oggend met hulp ten opsigte van kinderoppassing wat aangebied word.
Die doel van dié kursus is die verfrissing en/of verbetering van huwelike.
Skakel 081 039 0554 vir meer inligting of stuur 'n WhatsApp aan 063 839 0463 of 'n e-pos aan hugoandtanja@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'