GRAAFF-REINET NUUS - Die Horseshoe-kliniek in Graaff Reinet het moeite gedoen en uit hul pad gegaan om Nasionale Verpleegstersdag behoorlik te vier en 'n paar minute vir hulself te gun.
Sr. Geraldine Cane, oorhoofse bestuurder van dié kliniek, sê dat hulle jaarliks iets spesiaals doen op die dag en weer die eed van Florence Nightingale aflê terwyl daar kerse gebrand word ter nagedagtenis aan alle verpleërs wat gesterf het as gevolg van hul onbaatsugtige diens aan hul naaste.
Van links is Christelle Fourie (gemeenskapsdiensverpleegster), sr. Geraldine Cane (geregistreerde verpleegster), Noxolo Witbooi, sr. Jerome Mouers, sr. Feona van Gend, sr. Ladchime Langeveldt en sr. Noleen Oelofsen (Graaff Reinet se mobiele kliniekdienste) in 'n gesellige luim by die Horseshoe-kliniek in Graaff-Reinet. Foto: Sr. Geraldine Cane
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’