Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die familie van die 19-jarige student wie sy lewe verloor het tydens 'n tragiese skietvoorval Maandagaand, ontken ten sterkste dat daar enige verhouding tussen die oorlene en die beskuldigde se meisie was.
Volgens Bronlee Faulkner het die oorledene en die beskuldigde - Garick Koetaan - mekaar van geen kant af geken nie.
Junade Faulkner was slegs drie weke in Graaff-Reinet toe sy lewe op 'n wrede manier van hom beroof was.
Lede van die Graaff-Reinet gemeenskap wie Junade geken het is in rou gedompel omdat hy diep in almal se harte gekruip het.
'n Plaaslike roudiens word beplan vir môremiddag 17:00 vir Junade se vriende van Graaff-Reinet wie nie die begrafnis in Jeffreysbaai sal kan bywoon nie. Diegene wie die roudiens wil bywoon om hul laaste eer aan Junade te betoon, word gevra om denim en wit te dra en op die hoek van Hibiscus- en Breëstraat, waar Junade se liggaam gevind is, bymekaar te kom.
Vorige artikel: New EC Midlands student murdered
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'