KAROO NUUS - Dis gewoonlik met groot verligting en dankbaarheid wat die winterseisoen tegemoetgegaan word.
Geen muskiete en geen slange vir ten minste vier maande. Bedags kan deure en vensters oopstaan om 'n koel luggie deur te laat.
Maar toe Anika Kolesky van Toevlugsoord in Paradysstrand, Vrydagaand 27 Julie, die slaapkamervenster van haar woonstel op die tweede verdieping tydens beurtkrag wou toemaak, het sy gelukkig haar selfoon se liggie gebruik.
Want, daar, netjies op die raam van die venster, lê daar toe 'n grasgroen boomslang en loer, met sy blink ogie. Daar is geen stoep buite die venster nie, en geen boom in sig, maar die groen slang het hom heerlik tuisgemaak.
Anika het haar pa wakker gebel, wat haar te hulp gesnel het en die groen slang na groener weivelde geneem het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’