STEYNSBURG NUUS - Op Saterdag 30 Julie het talle uitstallers die Plaasmark op Harmonie bygewoon.
"Daar is 'n lekker warm winter-plaasmark gehou," deel Klaudia Viljoen, organiseerder van die Harmonie-plaasmark mee.
Volgens haar was daar 'n wye verskeidenheid eetgoed beskikbaar.
"Daar is gekuier en gesmul aan pasteitjies, koek, melktert, gevulde vetkoek, pannekoek en soetigheid. Die kerrie-afval met stampmielies was 'n spesiale dis vir die dag.
Beesbiltong bly die topverkoper-heel stukke of gesny, en dié stalletjie verkoop blitsvinnig uit. Die koffiestasie was sommer douvoordag al gesellig en bedrywig, omdat almal die koue van vroegoggend wou verdryf."
Viljoen vertel dat hulle hierdie maand bevoorreg was om vanaf Wellington gebottelde koejawels en 'n verskeidenheid ingemaakte produkte, asook droëvrugte, teen ongelooflik lae pryse te kon koop.
Die spesiaalste was die brandewyn-proe wat hierdie koue winteroggend sommer blitsvinnig kuierlekker gemaak het.
Interessante handwerkartikels is ook uitgestel en bied n afsetgeleentheid aan talle entrepreneurs, ook vanuit omliggende gemeenskappe.
Die volgende Harmonie-plaasmark is op 3 September.
Karoobiltong was natuurlik 'n hoogtepunt.
Lekker eetgoed wat tydens die plaasmark te koop was.
'Ons bring jou die nuutste Steynsburg, Karoo nuus'