Video
OOS-KAAP NUUS EN VIDEO - ‘n Veldbrand het vandag 24 Augustus, ongeveer 18:00 op die roete tussen Molteno en Sterkstroom, in die Chris Hani Munispaliteit-distrik uitgebreek.
Boere en werkers van Work for Fire is tans besig om te probeer om die vuur te blus terwyl daar ‘n sterk wind woed.
Vossie van Straaten ‘n boer van die omgewing sê dat een boer se hele plaas met die uitsondering van twee kampe, reeds afgebrand het. Gelukkig kon beeste wat op die veld gewei het betyds gered word.
Die oorsaak van die veldbrand is tans onbekend en word daar steeds gewoed om die vuur te blus.
Video: Vossie van Straaten
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’