GRAAFF-REINET NUUS - Christiaan Goliath het in 1996 sy skoolloopbaan as Graad R-leerling by Narsingstraat Primêr begin.
Tot en met 2003 toe hy matrikuleer het by Narsingstraat Sekondêr, het hy verskeie hoogtes bereik, nie net akedemies nie, maar ook op die sportveld.
In 2018, 15 jaar later en op Narsingstraat Primêr se 30ste herdenkingsjaar, maak hy geskiedenis by sy ou skool - Christiaan Goliath is die eerste oudleerder van dié skool wat terugkeer as onderwyser.
Die skool welkom hom met ope arms terug en is geweldig trots op hom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'