Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Tydens Valentynsdag, op 14 Februarie, kon die leerlinge die dag met wit, pienk en rooi klere skool toe kom om die dag van liefde te vier.
Die OOV-Mammas het ook heerlike oliebolle verkoop.
FOTOGALERY: Valentynsdag by Laer Volkskool
Die skool wil die ouers dank wat tydens pouse gehelp het.
Die prefekte van 2023 het 'n kompetisie gehou waar leerlinge R5 kon betaal. Hulle moes raai hoeveel hartjie-lekkers daar in die pot was.
Helgard van Wyk het die naaste reg geraai, en die pot met al die lekkertjies in gewen. Daar was 426 lekkertjies in, en Helgard se raaiskoot was 421.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'