GRAAFF-REINET NUUS - Die Boer-e-Goete Karoo Kersmark vind vir dié jaar vir die eerste keer in Graaff-Reinet vanaf 13 tot 26 Desember by die Graaff-Reinet-stadsaal plaas.
Die Boer-e-Goete mark gaan oor alle dinge Karoo met ‘n feestelike atmosfeer en ‘n plaas-styl gevoel. Kopers kan uit sien na kwaliteit en unieke handgemaakte huis dekor en geskenke; vars plaas produkte; lekkers, gebakte goedjies en biltong; ‘n koffie winkel en vermaak vir die hele familie.
Die Boer-e-Goete mark is ‘n bar-kode mark met een kasregister punt, uitstallers is welkom maar hoef nie teenwoordig te wees nie, daar sal ‘n professionele span aangestel word om die mark te bestuur.
Plaasmarkte is ‘n integrale deel van die verband tussen boere/uitstallers en die verbruiker, die gewildheid van die tiepe markte bly groei.
Die organiseerders wil graag meer verkopers by die mark hê vir ‘n groter verskeidenheid van goedere, en moedig dus verkopers aan om deel te neem.
Besoek www.plattelandevents.co.za om aansoek te doen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'